Netbal – Vyf netbalspanne van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein het geskitter in netbal. Hulle het tydens die Maart-April skoolvakansie gaan deelneem aan die AHMP-toernooi in Pretoria.

JF se netbalmeisies het teruggekom met waardevolle ervaring en kennis. Die prestasies van dié spanne spreek vanself:

  • Die o/17-span kom algeheel 2de in die toernooi.
  • o/16-span kom algeheel 3de in die toernooi.
  • Elri Pieters (o /15) word aangewys as doel van die toernooi.

Baie geluk aan die netbalspanne wat JF se naam hoog gehou het!!

o/18 Netbalspan
Elri Pieters (o /15) word aangewys as doel van die toernooi

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.jf.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article