Tzaneen – Merensky Landbou Akademie het met trots aangekondig dat Nathan Swanepoel aan die SA Nasionale 3D‑boogskietkampioenskappe deelgeneem het. Die kampioenskappe is van 25 tot 27 September by Altydgedacht Wine Farm in Durbanville aangebied.
As die enigste deelnemer in die YAMBU‑klas het Nathan saam met ’n sterk groep van tien volwasse boogjagters (AMBU) meegeding en hom uitstekend van sy taak gekwyt.
- Dag 1: ’n puik telling van 503 en tweede plek.
- Dag 2: nuwe persoonlike beste van 518.
- Dag 3: ondanks sterk Kaapse wind, ’n uitmuntende 546 – die hoogste telling onder die volwasse boogjagters.
Nathan het sy tweede plek in dié sterk veld behou, terwyl sy totale telling die derde hoogste van alle deelnemers tydens die kampioenskap was.
Die groot hoogtepunt: Nathan het tydens die kampioenskap sy Nasionale Kleure vir 3D‑boogskiet verwerf – ’n merkwaardige prestasie wat sy toewyding en talent bekroon.

“Baie geluk, Nathan! Die Plasies is ongelooflik trots op jou!“
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.