Potchefstroom Gimnasium is trots om te bevestig dat Irma Kotze van 24–27 September aan die Suid-Afrikaanse kortbaankampioenskappe in Pietermaritzburg deelgeneem het.

Irma het in die ope-afdeling teen van die land se beste swemmers meegeding en merkwaardige resultate behaal:

  • 100 m vlinderslag – 31ste
  • 200 m individuele wisselslag – 40ste
  • 200 m vlinderslag – 13de (3de in die B-finaal)
  • 200 m vryslag – 42ste
  • 400 m individuele wisselslag – 16de (6de in die B-finaal)
  • 100 m individuele wisselslag – 52ste

Hierdie prestasies is ’n bewys van Irma Kotze se harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Potchefstroom Gimnasium is ongelooflik trots op Irma en wens haar alle sukses toe vir die pad vorentoe.

https://gimmies.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article