’n Groot gelukwensing aan Natalie Strydom, 2de, wat ’n uitmuntende prestasie behaal het by die CGA Straatmylkampioenskappe.
Met hierdie indrukwekkende 2de plek het Natalie nie net haar talent en vasberadenheid bevestig nie, maar ook gekwalifiseer om die CGA Provinsiale Span te verteenwoordig by die SA Kampioenskappe in Gqeberha, Oos-Kaap, op 27 Junie 2026.
Die hele Kempies‑gemeenskap is ongelooflik trots op jou, Natalie! Jou harde werk en deursettingsvermoë inspireer ons almal. Ons wens jou alle sterkte toe vir die nasionale kampioenskappe – gaan wys wat jy kan doen!
Hoërskool Kemptonpark Atletiek – trots op elke tree!






