Nasionale Interskoleredenaarsliga. Vier van Hoërskool dr. E.G. Jansen se talentvolle redenaars het deurgedring na die Nasionale Interskoleredenaarsliga se individuele kompetisie. Dit vind binnekort plaas by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits).
Die vier talentvolle redenaars is:
- Emmah Mathey
- Shaniqua Steenkamp
- Lienke van Niekerk
- Ziané Jansen van Vuuren
Om op nasionale vlak te kwalifiseer, is ’n merkwaardige prestasie wat getuig van ure se voorbereiding, toewyding en passie. Die leerders het hul plek verwerf in beide die voorbereide én onvoorbereide afdelings. Hulle dra Hoërskool dr. E.G. Jansen se naam met trots op die groot verhoog.



Vier talentvolle redenaars wat deurgeddring het na die Nasionale Interskoleredenaarsliga – Foto’s voorsien
“Die hele Jansen-familie staan agter julle en wens julle alle voorspoed toe vir die nasionale rondte. Julle harde werk en deursettingsvermoë maak ons trots. Gaan wys die land wat Jansen-redenaars kan doen! Jansen staan sterk, Jansen staan saam!”







You must be logged in to post a comment.