Vrystaat o.17-rugbyspan. Hoërskool Fichardtpark is trots om aan te kondig dat FT Fick gekies is vir die Vrystaat o.17-rugbyspan.
Hierdie mylpaal beklemtoon sy konstante groei en sy toewyding om sy volle potensiaal te bereik.
FT se insluiting in die span bring groot trots vir Hoërskool Fichardtpark.
“Fichies weet jy gaan die Vrystaat met eer en trots verteenwoordig. Mag hierdie geleentheid jou verder inspireer om jou drome na te jaag en nuwe hoogtes te bereik. Ons wens jou alle voorspoed toe vir die toekoms en sien uit om jou sukses op die rugbyveld te volg.”






