Nasionale onderwaterhokkie - Hoërskool Bredasdorp skitter
Nasionale onderwaterhokkie – Hoërskool Bredasdorp skitter

Nasionale onderwaterhokkie – Hoërskool Bredasdorp skitter


Onderwaterhokkie. Hoërskool Bredasdorp: Onderwaterhokkie-prestasies by Nasionale Kampioenskappe.

Hoërskool Bredasdorp is uiters trots op hul leerders wat die Boland verteenwoordig het tydens die Nasionale Onderwaterhokkie-kampioenskappe wat van 26 tot 28 Maart in Somerset-Wes plaasgevind het.

  • O.19A-mans het ’n puik derde plek behaal. Spanlede: Jan-Carel Lochner, Philip Fick, Stefan Swart, Hugo Bester en Hugo Pretorius.
  • O.16A-meisies het met groot trots die eerste plek en goud gewen. Spanlede: Clara de Jager, Marike de Wet, Lianie Treurnicht, Gite-Mari Malherbe en Leslie-Ann Janse van Rensburg.
  • O.16A-seuns, met Markus van der Walt as verteenwoordiger, het ook die eerste plek en goud verower.
  • O.19B-dames het ’n vierde plek behaal, met Jessica Burger as spanverteenwoordiger.
  • O.16-Orcas en Stingrays het onderskeidelik die vyfde en sesde plekke verower. Spanlede: Liam Haack, Dayton Hartnick, Luke Gilliomee, Blake Edwards, Dirk Uys en Jan-Joubert Willemse.

Hierdie leerders het ware deursettingsvermoë en spanwerk getoon, en waardevolle ervaring opgedoen. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle.

Baie geluk, BD’s!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hsbredasdorp.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article