Nasionale Junior Skietkampioenskap. Drie leerders van Merensky Landbou Akademie het uitstekende vertonings in die uitdunne behaal. Hulle slaag daarin om hul plek in die gewilde SA Jagters 2026 Nasionale Junior Skietkampioenskap te bespreek.
Die kwalifiserende skuts wat die skool en die streek by die nasionale junior skietkampioenskappe gaan verteenwoordig, is:
- Echardt Lubbe (Graad 8)
- Marika Marx (Graad 8)
- Gerhard Marx (Graad 10)
Die kampioenskap word op 2 en 3 Oktober 2026 by die Excalibur-skietbaan in Welkom aangebied. Dit is hier waar die land se beste jong skuts mekaar gaan uitdaag. Hierdie geleentheid bring die land se mees opkomende junior skuts byeen. Hulle akkuraatheid, fokus en koudbloedigheid gaan onder hoë druk op die proef gestel sal word.
Die prestasie onderstreep nie net die leerders se individuele toegewydheid en dissipline nie, maar getuig ook van die hoë standaard van skietkuns wat deur die skool gekweek word.
Die skoolgemeenskap en afrigters spreek hul trots en waardering uit. Echardt, Marika en Gerhard word alle sterkte toegewens met hul finale voorbereidings vir hierdie nasionale kragmeting.
Foto’s voorsien






