Hoërskool Montana, Pretoria, vier met trots die uitstaande prestasie van Mia van Rhyn tydens die Artisticulta-kompetisie. Met haar Solo Akrobaatdans het Mia ’n indrukwekkende 87,3% behaal en ’n A+ simbool ontvang. Hierdie prestasie ’n bewys van haar talent, harde werk en toewyding.
Hierdie merkwaardige prestasie het vir Mia van Rhyn ook ’n plek besorg by die A-Arts Grand Finaal 2027, wat van 30 Maart tot 3 April 2027 by die Wild Coast Casino in KwaZulu-Natal aangebied word.

Die Monties is ongelooflik trots op Mia, wie se passie en dissipline ’n inspirasie is vir haar medeleerders en die hele skoolgemeenskap. Baie geluk, Mia – ons sien met opgewondenheid uit na jou optrede by die Grand Finaal!
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.