Graaff-Reinet – Laer Volkskool is trots op Mia Lategan die skool se naam met groot eer hoog gehou het tydens die nasionale interskole-boogskietkompetisie.

Mia het uitmuntend gevaar en die eerste plek in die Bulls-eye-afdeling vir Graad 5-meisies verower. Sy het boonop ’n derde plek landwyd behaal onder al die laerskoolmeisies wat aan die afdeling deelgeneem het.

Hierdie prestasie is ’n bewys van haar toewyding, fokus en talent. Die hele skoolgemeenskap is ongelooflik trots op Mia se merkwaardige sukses.

https://laervolkskool.org/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article