Tzaneen, Limpopo – Merensky Landbou Akademie se talentvolle dansers het van 17 tot 26 September aan die DTMA Nasionale Danskompetisie by Carnival City, Johannesburg, deelgeneem. Met ’n verstommende 1 779 items wat oor ouderdomsgroepe, dansstyle en vlakke aangebied is, het die Plasie-dansers met passie, selfvertroue en vasberadenheid meegeding – en met uitmuntende prestasies huis toe gekom.
Na suksesvolle streeks- en provinsiale kwalifiseringsrondtes het die Merensky-span die geleentheid gekry om teen van die land se beste jong dansers mee te ding. Die beoordelaarspaneel het bestaan uit Joubert Jonker, Corlanie Botha en Brandon Grobler. ’n Groot hoogtepunt was die toekenning van DTMA-nasionale kleure aan dansers wat 85% of hoër behaal het.
Hoogtepunte per studio
The Dance Place – Tutor: Annemieke
- Ansuretha Perold – Open Solo: 94,4%
- MJ Perold – Hip Hop Solo: 90,6%
- Victoria Mackenzie – Contemporary Solo: 91,8%
- Victoria Mackenzie – Hip Hop Solo: 88,5%
- Aldré van der Lith – Modern Solo: 89,03% – 1ste plek
- Cry Me a River – Contemporary Group (Mienke van Niekerk & Victoria Mackenzie): 87,4%
- Bo$$ – Modern Group (Aldré van der Lith): 90,1% – 1ste plek
- Stranger Things – Open Group (Mienke van Niekerk & Victoria Mackenzie): 93,6%
Bonita’s
- Mieke Honeyball – Pre-Amateur Open Solo: 87,4%
- Mieke Honeyball – Pre-Amateur Lyrical Solo: 88,9%
- Christine Venter – Pre-Amateur Jazz Solo: 86%
MDDK Dance Studio – Tutor: Celia
- Out of Reach – Contemporary Group: 86%
- Hit the Road – Contemporary Group: 93% (Spesiale toekenning vir Beste Choreografie)
MDDK Ballet – Tutor: Genevieve
- Victoria Mackenzie – Ballet Solo: 87,8% (3de plek, DTMA Nasionale Kleure, gekies vir MSC Elite Squad en Seniors SA Team)
Internasionale Keuring
’n Besonderse mylpaal is die keuring van Victoria Mackenzie (solo), sowel as die Cry Me a River- en Bo$$-groepe, en die Hit the Road-groep om Suid-Afrika in Junie 2027 by die World Dance Competition in Disney World, Amerika te verteenwoordig. Uit die 1 779 items is slegs 299 vertonings vir die SA-span gekies – ’n bewys van die buitengewone gehalte van Merensky se dansers.




Vooruitsigte
Die volgende groot geleenthede wag reeds: MSC Cruises in Januarie 2027 en Disney World in Junie 2027.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.