DTMA Nasionale Kampioenskap - Naudie dansers verwerf nasionale kleure
Taylor Hitge verwerf Nasionale kleure in dans

DTMA Nasionale Kampioenskap – Naudie dansers verwerf nasionale kleure


Twee leerders van Primêre Skool Naudeville, Taylor Hitge en Lindi Dannhauser, het die skool se naam hoog gehou met hul uitstaande prestasies. Hulle het deelgeneem aan die pas afgelope Dance, Talent & Model Association (DTMA) Nasionale Kampioenskap by Carnival City Casino in Brakpan. Albei dansers het Nasionale Kleure verwerf en is gekies om Suid-Afrika in 2027 by Disney World in Orlando, VSA, te verteenwoordig.

Taylor Hitge Hitge het van 24 tot 27 September aan die kompetisie deelgeneem en indrukwekkende punte in sowel haar solo- as groepoptredes behaal:

  • Ballet (Solo): 92% (2de plek)
  • Lyrical (Solo): 90% (2de plek)
  • Musical Theatre (Solo): 87,4% (3de plek)
  • Polishanelles (Groep): 91,03%
  • Out of Time (Groep): 91%
  • Danse des Petits Cygnes (Groep): 87,6%

Na aanleiding van haar vertonings verteenwoordig sy Suid-Afrika in 2027 by die World Dance Competition in Orlando.

Lindi Dannhauser het op 20 en 23 September ook deelgeneem aan die Dance, Talent & Model Association (DTMA) Nasionale Kampioenskap. Sy het oor twee dae die beoordelaars beïndruk met haar veelsydigheid oor verskeie dansstyle heen. Sy behaal die volgende punte met haar dans:

  • Contemp-duet: 92,6% (met ‘n spesiale toekenning)
  • Jazz-solo: 88,6%
  • Musical Theatre-groep: 86,8%
  • Hip Hop-groep: 85%
DTMA Nasionale Kampioenskap - Naudie dansers verwerf nasionale kleure
Lindi Dippenaar verwerf Nasionale kleure in dans

Naas haar uitnodiging na Disney World vir Junie 2027, is Lindi ook opgeneem in die Elite Squad wat vanaf 25 tot 29 Januarie 2027 aan die internasionale MSC Armonia-kompetisie sal deelneem.

https://naudies.co.za

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article