Paarl, Wes-Kaap – Paarl Gimnasium het ’n uitstaande Noord-Suid-atletiekbyeenkoms by Dal Josaphat beleef. Die tien beste skole uit die noorde en suide het mekaar die stryd aangesê. Curro Hazeldean, Waterkloof, Grey Kollege en Affies was ook onder die mededingers.
Paarl Gim se spanprestasies
- Seunspan: 1ste plek met 12 889 punte (gemiddeld 921 punte)
- Meisiespan: 5de plek met 12 255 punte
- Gekombineerd: 25 144 punte – 2de algeheel
Medalje-oes
Paarl Gimnasium se atlete het ’n indrukwekkende 38 medaljes verower:
- 10 goud
- 16 silwer
- 12 brons
APE-prestasies (900+ punte)
- Tyron Oncke – Diskus (1000), Gewigstoot (1000)
- Eli du Plessis – Verspring (1000)
- Botha Prinsloo – Gewigstoot (1000), Diskus (939)
- Jayden Fourie – 100 m (950), Verspring (942)
- Elke van Wyk – Spiesgooi (934)
- Nikeate Arries – 90 m-hekkies (931)
- Imke Roux – 90 m-hekkies (917)
- Lisa Besterfield – 200 m (907)
- Duren Baron – 100 m-hekkies (906)
Individuele Hoogtepunt by Noord-Suid Atletiekbyeenkoms
Tyron Oncke is met ’n totaal van 2 000 APE-punte as die beste seunsveldatleet aangewys. Paarl Gimnasium het ook die trofee vir die beste seunspan ontvang.




Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.