Matriekklas van 2024 – Hoërskool Ermelo is baie trots op hul matrieks wat uitstekend presteer het, tydens die matriekeksamen. Hierdie groep behaal 80 A-simbole en 130 B-simbole, met ‘n slaagsyfer van 99.1%. 67% leerders behaal vrystelling vir Baccalaureusgraad, 29.5% vrystelling vir Diplomastudies en 96% kwalifiseer vir verdere studies.

JF Möller presteer met 7 onderskeidings. Hayley van der Walt en Robin Jooste verwerf elk 5 onderskeidings en Helené Lotz behaal 4 onderskeidings.

Die Erries spog ook met 8 leerders met 3 onderskeidings elk.

Die matriekklas van 2024 van Hoërskool Ermelo het ook 19 leerders wat spog met ’n gemiddeld bo 70% en 4 leerders met ’n gemiddeld van 80% en hoër.

In 11 vakke behaal hulle ‘n 100%-slaagsyfer en in 10 vakke ‘n gemiddeld van 90%-slaagsyfer.

Die matriekklas van 2024 het ook uitstekend gevaar in onder andere:

  • 31 onderskeidings in Lewensoriëntering
  • 10 onderskeidings vir Besigheidstudies
  • 9 onderskeidings in Wiskundige Geletterdheid
  • 7 onderskeidings in Afrikaans Eerste Addisionele Taal
  • 6 onderskeidings vir English First Additional Language
Matriekklas van 2024 - Hoërskool Ermelo

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.erries.co.za/

Foto’s voorsien

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article