Die o/14- en eerste seuns hokkiespanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op Saterdag, 8 Junie, in Nelspruit aan die 2de poel-wedstryde van die Mpumalanga uitspele deelgeneem.

Beide spanne het strawwe kompetisie gehad. Die o/14’s het met 0-3 verloor teen Penryn College en met 1-2 verloor teen Hoërskool Middelburg.

Hulle eindig algeheel 3de in hulle poel, maar slegs die eerste twee posisies van elke poel dring deur na die semi-finale en finale.

Die eerstespan het met 0-4 verloor teen Hoërskool Rob Ferreira en gelykop gespeel 1 doel elk teen Highveld Park.

Hulle eindig algeheel 5de in hulle poel.

Baie geluk aan hierdie twee spanne met julle goeie seisoen.

Foto bo: Die eerste seuns hokkiespan

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article