Lejweleputswa-span - Naudies atlete gekies vir streekbyeenkoms
Naudies-Landloopatlete (Foto verskaf)

Lejweleputswa-span – Naudies atlete gekies vir streekbyeenkoms


Lejweleputswa-span. Primêre Skool Naudeville se jong landloopatlete het groot trots vir hul skool gebring. Hulle is gekies vir die Lejweleputswa-span wat op 15 Augustus 2026 aan die streekbyeenkoms gaan deelneem.

Die volgende leerders het hul plek in die span verseker:

  • Beginners (Gr. 1 en Gr. 2): Dianq Badenhorst, Ziah Tafeni en Diné van Biljon
  • o.10: Lenique Loggenberg
  • o.11: Ronah Mpofu
  • o.12: Elle-Anne Roper
  • o.13: Quinne van Staden

Hierdie prestasie weerspieël nie net die leerders se talent nie, maar ook hul toewyding en harde werk.

“Ons is uiters trots op elkeen van julle,” het die skool se sportafdeling laat weet. “Mag hierdie deelname die begin wees van nog vele sporthoogtepunte.”

https://naudies.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article