BEDFORDVIEW – Leeuwenhof redenaars het hul skool baie trots gemaak. Hulle het uitstekende prestasies behaal tydens die landsfinaal van die Interskole Redenaarsliga. Leeuwenhof Akademie se Gr. 9-Engelse-span is as landswenners aangewys.
Die kampioenspan, het bestaan uit:
- Mianke van Niekerk
- Ziané van der Walt
- Shanike du Plooy
- Kate-Lynn de Langen
Hulle het deurgaans met hul redenaarsvernuf beïndruk.




Verskeie leerders het ook individueel uitstekende resultate behaal.
- Lumay Engelbrecht het die sesde plek in die Afrikaanse afdeling verower
- Mianke van Niekerk het derde in die Engelse afdeling geëindig
- Tatum Thomas het ’n sewende plek in Engels behaal
- Timieke Grobbelaar het ’n dubbelprestasie gelewer met ’n tiende plek in Afrikaans en ’n derde plek in Engels.
As verdere bekroning het Leeuwenhof Akademie ook die algehele derde plek in die Engelse afdeling behaal.
Die skool het sy trots uitgespreek teenoor die Leeuwenhof-redenaars se toewyding, harde werk en selfvertroue waarmee hulle op die nasionale verhoog hul skool verteenwoordig het.
Hul prestasies getuig van ’n sterk kultuur van uitnemendheid en ’n passie vir openbare redevoering.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.