Inperking stuit nie ‘n Leeu-Redenaar nie. Ons graad 8, 9 en 11 Afrikaanse spanne en graad 8 en 10 Engelse spanne praat AANLYN ‘n ding raak tydens die Interskole Redenaarsliga.
Groot waardering vir elke spreker se ure van hard oefen.
Leeuwenhof Akademie bied u kind die geleentheid aan om te groei vanaf die preprimêre fase, tot die einde van sy skoolloopbaan.

Op 16 Januarie 1996 open Leeuwenhof Akademie, destyds as Helpmekaar Akademie, die eerste Afrikaanse privaat laerskool aan die Oos-rand, sy deure in Bedfordview. Besorgde ouers van Alberton, stigterslede: Franchette Strüwig, eienaar van die perseel, Corlia Booysen, Linda van Straten, Leola Meyer en Elna Ungerer het hierdie visie en drome ‘n werklikheid gemaak.

‘n Skool se geskiedenis word onthou aan groot gebeure, veranderinge, uitdagings, deursettingsvermoë, verskeidenheid van persoonlikhede van Direksies, invloedryke onderwysers en ‘n strewe na uitnemendheid.

Die geskiedkundige skets fokus op INVLOEDRYKE rolspelers en LEWENSVERANDERLIKE oomblikke.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article