Hoërskool Brandwag Eerste XI toon karakter by Punt Kriekettoer
Hoërskool Brandwag Eerste XI

Hoërskool Brandwag Eerste XI toon karakter by Punt Kriekettoer


Hoërskool Brandwag, Uitenhage, se Eerste XI-span het verlede week met trots aan die Punt Hoërskool Krieketfees in Mosselbaai deelgeneem. Die span het onder uitdagende weersomstandighede waardevolle mededingende krieket gespeel en uitstekende individuele én spanprestasies gelewer.

Vrydag – 25 boulbeurte

Die toer het afgeskop teen Hoërskool Hermanus in ’n verkorte wedstryd. Brandwag het 129 lopies aangeteken, met Austin de Wet (35), Divan Kotze (27) en André Swanepoel (20) wat die kolfwerk aangevoer het. Met die bal het CJ Snyman (2/16) en Rudolf Goldschagg (1/12) uitgestaan. Wenner: Hoërskool Hermanus

Saterdag – 25 boulbeurte

Onder digte mis het Brandwag 113 lopies aangeteken. CJ Snyman (33) en Hiren van Loggerenberg (30) het die beurt geanker. Die boulers het die oorwinning verseker met Danrich Ingram (3/14), Divan Kotze (3/23) en Austin de Wet (2/25). Wenner: Brandwag Eerste XI

Maandag – T20

Die afsluitende wedstryd teen Hoërskool Punt het Brandwag se vasberadenheid beklemtoon. Punt het 102/5 aangeteken, waarna Brandwag met ’n kalm lopiejaagtog 103/6 in 16 beurte behaal het. Divan Kotze (22) en Hiren van Loggerenberg (17)* het die oorwinning verseker. Wenner: Brandwag Eerste XI

’n Spesiale mylpaal

Die toer het ook ’n gedenkwaardige oomblik ingesluit: Austin de Wet en Joshua Badenhorst het hul 50ste cap vir die Eerste XI ontvang – ’n prestasie wat hul toewyding en volgehoue bydrae tot Brandwag-krieket beklemtoon.

Die Punt Krieketfees het Brandwag se Eerste XI nie net waardevolle wedstrydervaring gebied nie, maar ook hul karakter, vasberadenheid en spangees bevestig. Hierdie toer het ’n stewige grondslag gelê vir die res van die seisoen.

https://www.brandwag.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article