BETHLEHEM – Leerlingleiers vir 2027. Hoërskool Witteberg het met trots sy leerlingleierspan vir 2027 aangekondig. Die groep bestaan uit toegewyde leerders wat oor sterk leierseienskappe beskik. Hulle het oor die afgelope jare bewys dat hulle oor verantwoordelikheid en ‘n passie vir diens aan hul skoolgemeenskap beskik.
Hoofleiers
Aan die stuur van die skool se leerlingleiers vir 2027 staan Wessel Campher, wat as hoofseun en SR-voorsitter aangewys is. Lanri Labuschagne sal die rol van hoofmeisie vervul. Die twee leerders sal die gesig van Witteberg se leierskap wees. Hierdie twee sal saam met die leerlingraad hulle verantwoordelikheid neem om die skool se waardes en tradisies uit te leef.
Hoof-UK leiers
Die onderhoofleiers vir 2027 is ook bekend gemaak. In die Hoof-UK-portefeulje dien Janco Botha en Lizma Wandrag. Witteberg se hoofleiers sal deur hulle ondersteun word in die algemene bestuur en koördinering van leerlingaktiwiteite.
Sosialeleiers
Die sosiale portefeulje word deur Milne van Huyssteen en Kara du Toit behartig. Die skoolgees sal deur hulle versterk word. Hulle sal ook verskeie sosiale projekte en geleenthede organiseer wat die Witteberg-gemeenskap nader aan mekaar sal bring.
Kultuurleiers
In die kultuurafdeling neem Christopher Pead en Helene-Mari Spies die leisels oor. Hulle sal daarna streef om deelname aan kulturele aktiwiteite uit te brei en leerders aan te moedig om hul talente op verskillende platforms te toon.
Sportleiers
Sportleierskap berus by Xander Fourie en Mia Daacke, wat ‘n belangrike rol sal speel in die bevordering van sportmangees en die ondersteuning van Witteberg se trotse sporttradisie.
Akademieseleiers
Op akademiese gebied sal AJ Erasmus en Ané Joubert as onderhoofleiers dien. Hulle sal fokus op die bevordering van akademiese uitnemendheid en mede-leerders aanmoedig om hul volle potensiaal te bereik.


Koshuisleiers
Ook in die koshuislewe sal sterk leierskap aan die orde van die dag wees. AJ Erasmus is as primarius van Huis Witteberg aangewys, terwyl Rhoné Naudé die rol van primaria sal vervul. Die koshuis se onderhoofleiers vir 2027 is Wessel Campher as onder-primarius en Helene-Mari Spies as onder-primaria. Saam sal hierdie leiers daarna streef om ‘n positiewe, ondersteunende en trotse koshuisomgewing te bevorder waarin elke inwoner die geleentheid kry om te groei en te floreer.




Die aankondiging van die 2027-hoof- en onderhoofleiers is ‘n belangrike mylpaal vir hierdie leerders en getuig van die vertroue wat die skool in hul vermoëns stel. Met ‘n sterk en dinamiese leierspan sien Hoërskool Witteberg uit na ‘n jaar waarin diensbaarheid, integriteit, trots en uitnemendheid steeds die kern van die skool se kultuur sal vorm.
“Baie geluk aan al die aangewese leerlingleiers met hierdie besondere prestasie en die verantwoordelikheid wat daarmee saamgaan.“
Foto’s voorsien






You must be logged in to post a comment.