Hoërskool Outeniqua skitter by ATKV Junior Afrikaanse Olimpiade
Kwaggas se presteerders by ATKV Junior Afrikaanse Olimpiade

Hoërskool Outeniqua skitter by ATKV Junior Afrikaanse Olimpiade


George – Hoërskool Outeniqua Kwaggas het weereens bewys dat akademiese uitnemendheid deel is van hul trots. In die ATKV Junior Afrikaanse Olimpiade het ses Kwaggas hul plek onder die Wes‑Kaap Top 20 verseker, terwyl nege leerders in die Nasionale Top 100 geëindig het.

Wes‑Kaap Top 20

  • Gesamentlik 7de plek – 85% • Danielle Bond • Hayley Fourie
  • 8ste plek – 84% • Aneska Bruwer
  • Gesamentlik 9de plek – 83% • Jani Gertenbach • Christiaan Stander • Emma Cilliers

Nasionale Top 100

Benewens bogenoemde ses leerders het nog drie Kwaggas hul plek onder die land se Top 100 verdien:

  • Ivah O’Kennedy – 82%
  • Ilse‑Mari Rohwer – 81%
  • Gia Fourie – 81%

Trots en Erkenning

Met nege leerders in die nasionale Top 100 het Hoërskool Outeniqua alle rede om trots te wees op hierdie jong taalsterre. Hierdie prestasie is ’n bewys van hul toewyding en die passie van Outeniqua se Afrikaansonderwysers wat die liefde vir taal by die Kwaggas kweek.

https://www.outeniqua.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article