Landloopliga Dawid Kruiper-streek - Hoërskool Duineveld skitter
Landloopliga Dawid Kruiper-streek – Hoërskool Duineveld skitter

Landloopliga Dawid Kruiper-streek – Hoërskool Duineveld skitter


Landloopliga Dawid Kruiper-streek. Hoërskool Duineveld skitter by eerste Landloopliga!

Woensdag, 13 Mei, het die Veltie-landloopatlete op tuisgrond hul krag en vasberadenheid getoon tydens die eerste Dawid Kruiper-streek Landloopliga. Op ’n splinternuwe, uitdagende en tegniese roete, meesterlik uitgelê deur juf. M. Joubert, het Duineveld se sterre hul skool se naam hoog gehou met uitstaande uitslae.

Uitslae:

  • Dogters o.14
    • Nina Hanekom – 1ste plek, goud
  • Dogters o.15
    • Willemien Alberts – 1ste plek, goud
  • Seuns o.16
    • Charto-Leigh Willemse – 3de plek, brons
  • Dogters o.17
    • Karla Cornelissen – 2de plek, silwer
    • Anlerè Roelofse – 1ste plek, goud
  • Seuns o.17
    • Matthew Esterhuizen – 1ste plek, goud
  • Junior vroue
    • Agnes Adams – 2de plek, silwer
    • Hané Oosthuysen – 1ste plek, goud

Hierdie prestasies is ’n bewys van deursettingsvermoë, toewyding en harde werk. Julle inspireer die hele skoolgemeenskap en vul almal met trots. 🌟

Die Velties sien met groot opgewondenheid uit na hoe die Duineveld-span hierdie seisoen verder gaan ontwikkel en presteer.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://duineveld.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article