Foto bo vlnr: Naruschka Conradie,  Annelé Landman,  Karin Pienaar (afrigter), Lianca Rose,  Issataya Bredell,  Eliska Nel en Fioné Nel (voor).

‘n Paar van Laerskool Stulting se o/13 netbaldogters is onlangs in die Kouga netbalspan opgeneem. 

Nog twee van Stulting se netbaldogters, Chris-Mari Landman en Kelsey Prinsloo, het in die o/12 ouderdomsgroep presteer en deurgedring tot by die sone wat hul die geleentheid gegee het om aan die Sarah Baartman proewe deel te neem.

Drie van Stulting se o/13 netbaldogters Issataya Bredell, Annelé Landman en Naruschka Conradie, het die Sarah Baartman distrik verteenwoordig by die finale Oos-Kaap proewe in Oos-Londen wat op 14 Mei plaasgevind het.

Issataya Bredell en Naruschka Conradie is in die Oos-Kaap span opgeneem wat aan die Nasionale All Ages toernooi gaan deelneem.

Baie geluk!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article