Vlnr: Naruschka Conradie,  Annelé Landman,  Karin Pienaar (afrigter), Lianca Rose,  Issataya Bredell,  Eliska Nel en Fioné Nel (voor)

‘n Paar van Laerskool Stulting se o/13 netbaldogters, Naruschka Conradie,  Annelé Landman, Lianca Rose, Issataya Bredell, Eliska Nel en Fioné Nel is onlangs in die Kouga netbalspan opgeneem. 

Chris-Mari Landman en Kelsey Prinsloo, het in die o/12 ouderdomsgroep presteer en deurgedring tot by die sone wat hul die geleentheid gegee het om aan die Sarah Baartman proewe deel te neem.

Drie van Stulting se o/13 netbaldogters… Issataya Bredell, Annelé Landman en Naruschka Conradie, is gekies om die Sarah Baartman distrik te verteenwoordig by die finale Oos-Kaap proewe in Oos-Londen op 14 Mei.  Issataya Bredell en Naruschka Conradie is in die Oos-Kaap span opgeneem wat aan die Nasionale All Ages toernooi gaan deelneem.

Vlnr: Issataya Bredell, Annelé Landman en Naruschka Conradie

Baie geluk!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article