Mnr. Coetzer klink hier ‘n glasie sap saam met die leerlingraad.

Elke jaar word daar gekonkel om iets spesiaals vir die skoolhoof van Laerskool Stulting se verjaarsdag te doen.  Hierdie jaar was toe nou ook geen uitsondering nie!

Mnr. Coetzer was bederf met ‘n rit op ‘n pragtige outydse kapkar tot by die skool, waar al die leerders vir hom ‘n erewag gevorm het. Daarna is daar uit volle bors vir hom gesing soos net Stulting-leerders kan!  Die prefekte het ook nie op hulle laat wag nie en het Mnr. Coetzer met koek, tee en ‘n hele kantoor vol ballonne bederf!

Baie geluk Mnr. Coetzer!  Ons bid u ‘n geseënde nuwe lewensjaar vol vreugde toe!

Rudolph Gerber (Hoofseun), Charli de Villiers (Hoofdogter), Mnr. Cornelius Coetzer, Edrich Kleu (Onderhoofseun) en Chloë Ludick (Onderhoofdogter)
Stulting-leerders staan ‘n erewag vir hulle geliefde skoolhoof.
Op so ‘n pragtige kapkar sal mens jouself kan verbeel jy is deel van die koninklikes!
‘n Kantoor vol ballonne!
Rudolph Gerber (Hoofseun), Charli de Villiers (Hoofdogter), Mnr. Cornelius Coetzer, Edrich Kleu (Onderhoofseun) en Chloë Ludick (Onderhoofdogter)

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article