Shaquille Jacobs is sommer baie trots op sy puik prestasies!

 

Shaquille Jacobs, ‘n gr. 2 leerder van Laerskool Stulting in Humansdorp, het onlangs in Uitenhage by die EP Classic (Iska / NMA) aan verskeie items deelgeneem en ‘n paar medaljes vir homself los geskop.  Hy is nie die enigste leerder van Stulting wat so goed tydens hierdie byeenkoms gevaar het nie!  Ook Kayla Marais, Amy Jacobs en Shayron Jacobs het uitstekende resultate behaal.

 

Resultate van die onderskeie leerders is soos volg:

 

Shaquille Jacobs behaal die volgende prestasies:

  • Point fighting – silwer
  • Continuous fighting – silwer
  • Grappling – goud
  • Power breaking – silwer

 

Kayla Marais behaal die volgende prestasies:

  • Grappling – brons
  • MMA light – goud

 

Amy Jacobs behaal die volgende prestasies:

  • Grappling – goud
  • Boxing – goud
  • Power breaking – goud
  • High kick – goud

 

Shayron Jacobs neem deel aan 5 items en behaal die volgende prestasies:

  • High kick – goud
  • Boxing – silwer
  • Continuous fighting – silwer
  • Power breaking – brons
  • Grappling – brons
       Kayla Marais, Amy Jacobs en Shayron Jacobs is 3 jong dames wat hulself behoorlik kan verdedig. Welgedaan meisies!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article