Laerskool George-Suid vier Rising Stars-triomf!
Laerskool George-Suid vier Rising Stars-triomf!

Laerskool George-Suid vier Rising Stars-triomf!


Laerskool George‑Suid se eerste span tennismeisies het op 23 September in Moorreesburg aan die provinsiale rondte van die Rising Stars‑toernooi deelgeneem. Die toernooi is aangebied deur Tennis Suid‑Afrika (TSA). Die spelers is as die Eden‑streek se wenners gekroon.

Na vier rondtes se intense spel is die dogters met groot trots aangewys as die beste dogtersspan in die Wes‑Kaap! Dit is ’n uitsonderlike prestasie wat hierdie vier meisies se sportmangees, deursettingsvermoë en spanwerk beklemtoon.

Die skool spreek ’n hartlike woord van dank uit aan Eduard Steyls. Hy is van Great Tennis Akademie, asook afrigter en mentor. Hy het saam met die span gereis en het deurgaans morele ondersteuning gelewer.

Hierdie vier meisies het Laerskool George‑Suid met waardigheid en trots verteenwoordig en ’n merkwaardige bladsy in die skool se sportgeskiedenis geskryf.

https://lgs.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article