Rugby-'capping' aand - Hoër Volkskool Graaff-Reinet rugbyseuns vereer
Rugbyseuns van 2026 vereer tydens ‘capping’ seremonie

Rugby-‘capping’ aand – Hoër Volkskool Graaff-Reinet rugbyseuns vereer


Hoër Volkskool Graaff-Reinet het op Maandagaand, 21 September, hul jaarlikse rugby-‘capping’ aand gehad. Die geleentheid was meer as net die amptelike afsluiting van die rugbyseisoen. Dit was ‘n viering van karakter, deursettingsvermoë en persoonlike groei onder die leerders.

Die afgelope seisoen het hoë eise aan die spelers gestel. Met uitdagings en teleurstellings wat die span se staal op en van die veld af getoets het. Deur harde werk, spanwerk-gees en ‘n ingesteldheid om na elke teëspoed weer op te staan. So het die seuns waardevolle lesse geleer en as ‘n hegte eenheid gegroei.

Rugby-'capping' aand - Hoër Volkskool Graaff-Reinet rugbyseuns vereer
Hoër Volkskool Graaff-Reinet se rugbyseuns van 2026 vereer

In SA skolelrugby is ‘n ‘capping’ aand ‘n tradisieryke en eervolle geleentheid. Dit is waar spelers vir hul toegewydheid en prestasies op die rugbyveld vereer word. Tydens hierdie geleentheid ontvang hulle hul amptelike eerbewyse en spanpette. Dit dien nie net as ‘n erkenningsfees vir hul sportiewe bydrae nie. Dit is ook ‘n simboliese oorgang waar karakterbou, skooltrots en kameraadskap gevier word.

Gaste spreker Hendrik Wolfaardt (matriek van 1992) het die aand verryk met ‘n inspirerende toespraak. Wolfaardt, wie se seun reeds die vierde geslag van hul familie in die Volkskool-gemeenskap verteenwoordig, het beklemtoon dat ‘n nederlaag nooit die ware waarde van ‘n seisoen bepaal nie. Volgens hom lê die werklike maatstaf in die manier waarop ‘n span uitdagings takel, hul skool verteenwoordig en as individue ontwikkel.

Die geleentheid het ook ‘n historiese waarde gehad toe daar amptelik afskeid geneem is van Jaco van Schalkwyk. Jaco het ná ‘n toegewyde pad van agt jaar sy laaste seisoen as deel van die skool se rugbyprogram afgesluit.

Hoër Volkskool Graaff-Reinet het hul opregte trots teenoor die rugbyseuns van 2026 uitgespreek vir hul harde werk, toewyding en die karakter wat hulle deur die loop van die seisoen geopenbaar het.

https://hvsgrt.org.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article