Hoërskool Pearson matrieks ontvang 'n glinsterende afskeid
Pearson matrieks ontvang ‘n glinsterende afskeid

Matrieks van Hoërskool Pearson ontvang ‘n glinsterende afskeid


Gqeberha – Hoërskool Pearson het hul matrieks van 2026 met ’n elegante en betekenisvolle afskeidsgeleentheid vereer. Die aand het ’n atmosfeer van styl, dankbaarheid en trots uitgestraal, terwyl matrieks, ouers en personeel saam die einde van ’n kosbare skoolloopbaan gevier het.

Die matriekafskeid het nie net die akademiese reis van die leerders afgesluit nie, maar ook hul groei in vriendskappe en herinneringe beklemtoon. Sprekers het die klas geloof vir hul deursettingsvermoë en die waardes wat hulle by die skool geleer het – waardes wat hulle nou met selfvertroue die toekoms in neem.

Die skoolhoof, het die leerders aangemoedig om hul talente en karakter met moed te gebruik:

“Ons is ongelooflik trots op elke matrikulant. Julle het nie net kennis opgedoen nie, maar ook karakter gevorm. Mag julle lig helder skyn waar julle ook al gaan.”

Die aand is afgesluit met ’n flashmob deur die Prefekte!

(Jammer die video is sonder klank as gevolg van kopiereg)

https://pearsonhighschool.com/

Foto en video verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article