Krieket-glans tydens Montana se vakansietoernooie
Die derdespan het hul vaardighede by die Benchwarmers-toernooi geslyp

Krieketglans tydens Montana se vakansietoernooie


Hoërskool Montana se krieketspanne het tydens die Junie/Julie-vakansie met krieketglans en trots aan verskeie toernooie deelgeneem. Die manne het Monties se naam hoog gehou.

Die eerstespan, tweedespan en o/15A-span het in KwaZulu-Natal getoer. Daar het hulle aan nuwe speeltoestande blootgestel is en waardevolle ervaring opgedoen het. Montana se derdespan het hul vaardighede by die Benchwarmers-toernooi geslyp. Die o.14A-, o.14B- en o.15B-spanne het by die Mighty Apies Krieketfees krieketglans en uitstekende uitslae behaal.

Die o.14A-span wen vier van vyf wedstryde, en die o.14B- en o.15B-spanne elk vier van ses. Oorwinnings teen sterk skole soos Kempton Park, Potchefstroom Gimnasium, Garsfontein, Frikkie Meyer, Leeuwenhof, Linden, Eldoraigne, Zwartkop en Waterkloof het Montana se krag en diepte bevestig.

Spelers se toewyding, deursettingsvermoë en sportmangees het duidelik geblink. Hierdie toernooie het nie net wedstrydervaring gebied nie, maar ook ’n stewige grondslag vir die res van die seisoen gelê.

Monties-Hoogtepunte

  • Baggy Cap: Durandt Stassen, Liam Vorster
  • 50-talbeurte: Willem Beukes (87), JP Smit (65), Charminique Luus (63), Jayden Pereira (64), JC Uys (56), Andreas Joubert (56), Arno Koukeus (51), James Grierson (50), Alec van Schalkwyk (59)
  • Vyf-paaltjie-vertonings: Eugene Snijders, Durandt Stassen
  • Uitstaande boulvertonings: Charl Kortman, Christiaan Smith, Eduan Smith, Lihan Smith, Cristian Smith, JJ Beukes, CJ Cornelius, Adriaan Espag, Luan Meyer, Ludian Smidt, Armandt Niemand, Juan Theunissen, Jovhanne Conradie.

Monties bars van trots op hul uitstaande kriekethelde!

https://www.hsmontana.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article