Duvan kroon Wes-Gauteng se glorie met goud en MVP
Duvan van der Merwe, ‘most Valuable Player’ van die o.16-afdeling

Duvan kroon Wes-Gauteng se glorie met goud en MVP


Duvan kroon Wes-Gauteng. Hoërskool Montana, Pretoria, vier saam met Duvan van der Merwe. Duvan het tydens die skoolvakansie Wes-Gauteng met trots by die Aksie Krieket Interprovinsiale Toernooi verteenwoordig.

Die toernooi is van 1 tot 5 Julie by die Vaal Action Sport Arena aangebied. Die Wes-Gauteng o.16-span het uitstekende krieket gelewer en is vir die derde agtereenvolgende jaar as goue medaljewenners gekroon.

Duvan het ’n uitmuntende toernooi beleef en is vir sy spel met verskeie besondere toekennings vereer:

  • ‘Most Valuable Player’ van die o.16-afdeling.
  • ’n Ongelooflike rekord van 21 paaltjies in 9 wedstryde, met slegs 11 lopies afgestaan.
  • Gekies vir die All Star-span van die o.16-afdeling.

Hoërskool Montana is uiters trots op Duvan se prestasies en wens hom alle sukses toe met die res van ‘n blink krieketloopbaan. Hou aan om die Montie-naam met trots hoog te hou, Duvan!

https://www.hsmontana.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article