Koshuisleierskorps vir 2027 aangekondig. Hoërskool Trio, Kroonstad, het met groot trots die nuwe koshuisleierskorps vir 2027 aangekondig. Die leiers van die koshuise verteenwoordig nie net die stem van hul mede‑koshuisgangers nie. Hulle dra ook die verantwoordelikheid om ’n kultuur van respek, samehorigheid en uitnemendheid te bevorder.
Koshuisleiers wat gekies is vir die volgende koshuise:
Falcon-huis:
- Brinzley Bastiaan
- Jaden Bienas
- Iwan du Plessis
- Henno Kruger
- Adriaan Nel
- Collin Smith
- Robert van der Vyver
- Theuns van Rensburg
Animalia–Huis
- Danica Fourie
- Faith Hills
- Mia Jonker
- Anika Lötter
- Lumari Pretorius
- Olivia Stammer
- Danique Schiffer

Chordata–Huis
- Dilan du Preez
- Tristan Erasmus
- Ethan Gordon
- Damian Henderson
- Tawanda Mthetwa
- Joaquin Peters
- Thoriso Seloane
- Pedré Wilken

Baie geluk aan elke leerder wat tot hierdie belangrike posisie verkies is. Julle word aangemoedig om leiers te wees wat nie slegs lei nie, maar ook dien. Leiers wat inspireer, aanmoedig en ’n betekenisvolle verskil maak in die lewens van diegene rondom julle.
Met toewyding en ywer sal die Koshuisleiers van 2027 die tradisie van trots en prestasie by Hoërskool Trio versterk.
Mag Spreuke 3:5‑6 julle pad lei deur die jaar en julle herinner dat ware leierskap in geloof, diensbaarheid en integriteit gewortel is.
Foto’s voorsien







You must be logged in to post a comment.