Joshua de Jesus, ’n gr 8-leerder van Bethlehem Voortrekker Hoërskool, het sy Protea-kleure in FASSET se Ligte Gerei Boothengel (4 kg-lyn) verwerf. In Desember 2025 het hy Suid-Afrika verteenwoordig by die Region 5 Nasionale Kampioenskap in Namibië, waar die span ’n trotse silwermedalje in die o.16-kategorie gewen het.

Op 13 Junie 2026 is Joshua tydens die National Capping Ceremony met Groen-en-Goud vereer. Dit was ’n oomblik wat sy harde werk, deursettingsvermoë en passie bekroon. Hy volg in sy pa Nelson se voetspore, wat ook reeds die eer gehad het om Suid-Afrika te verteenwoordig. Hierdie prestasie beloof ’n blink toekoms vir hierdie jong hengelaar.

Baie geluk, Joshua – mag dit die begin wees van nog vele hoogtepunte in jou hengelloopbaan!

https://voortrekker.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article