Griffons provinsiale spanne - o.15 Rugbyspelers van BVHS gekies (Foto's voorsien)
o.15 Rugbyspelers gekies vir Provinsiale Griffons Rugbyspanne. (Foto’s verskaf)

Griffons provinsiale spanne – o.15 Rugbyspelers van BVHS gekies


Griffons provinsiale spanne. Bethlehem Voortrekker Hoërskool is trots om aan te kondig dat verskeie van hul o.15 rugbyspelers gekies is om die Griffons provinsiale spanne te verteenwoordig. Julle het gewys dat ware toewyding en ’n liefde vir rugby groot belonings bring.

Spelers wat vir die o.15A en o.15B Griffons Provinsiale Spanne gekies is, is:

  • Francois Swart
  • Lihan van Huysteen
  • Herman Potgieter
  • Jurgens Booysen
  • Mosa Mahasa
  • Marques Meyer
  • Mzukisi Moleleki
  • Siyabonga Mdakane
  • Vincent Stadhouer
  • Tiaan van Wyk
  • Oragile Motsei

Ons weet dat dit nie net ’n groot eer is om vir jou provinsie te speel nie, maar ook ’n gulde geleentheid om jouself te toets teen die beste jong talent in die land. Die komende provinsiale rugbytoernooi gaan beslis ’n ervaring wees wat julle nooit sal vergeet nie.

“Ons wens julle alle sterkte toe – speel met trots, geniet elke oomblik en onthou dat julle hele skoolgemeenskap agter julle staan. Ons is trots op julle prestasies! Baie sterkte en geniet die ervaring!

https://voortrekker.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article