JF Hokkie. Die meisies van die o/18 Dogters hokkiespan van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, het omtrent die afgelope hokkie seisoen gewys wat in JF se dogters hokkie steek.

Die dogters stap aan die einde van die seisoen weg as die kampioene van twee ligas. Hulle het die die Stadsliga vir o/18 hokkie spelers sowel as die Wesgrow liga gewen.

Hul afrigter, Mevrou Stefanie Frey, sê dat die meisies se doelgerigtheid en deursettingsvermoë hierdie besondere prestasies moontlik gemaak het. 

Hoërskool Jim Fouché se o/18 A en -B Seuns hokkie spanne het ook hul finale wedstryde in die Wesgrow-liga gewen. Hierdie seuns is dus ook ligawenners.

JF se O18A seuns hokkiespan
JF se O18B seuns hokkiespan

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.jf.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article