Hoërskool Eldoraigne, Centurion, is trots om Janke Cronje te geluk te wens met haar uitmuntende prestasie in Artistiese Gimnastiek.

Op 22 Augustus 2026 het sy haar Gauteng-Noord kleure in Vlak 6 (14 jaar en ouer) verwerf. Janke het ’n 3de plek op brug behaal en ook algeheel 3de in die distrik geëindig. Dit is ’n merkwaardige prestasie wat haar talent en toewyding bevestig.

Hiermee het sy gekwalifiseer om aan die Gauteng Artistiese Gimnastiekkampioenskappe deel te neem, wat op 29 Augustus 2026 plaasvind.

Die Eldo’s is ongelooflik trots op jou, Janke – jou harde werk en deursettingsvermoë maak jou ’n ware ambassadeur van ons skool!

https://www.hseldo.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article