Artistiese Gimnastiek Distrikskompetisie - Worcester-Noord Primêr
Artistiese Gimnastiek Distrikskompetisie – Worcester-Noord Primêr

Artistiese Gimnastiek Distrikskompetisie – Worcester-Noord Primêr


Artistiese Gimnastiek Distrikskompetisie. Worcester-Noord Primêre Skool is ongelooflik trots op Zahn Hugo wat Saterdag, 27 Julie, by die Artistiese Gimnastiek Distrikskompetisie besonders goed presteer het.

Sy het in vlak 6, ouderdomsgroep 7-11 jaar, ‘n algehele eerste plek behaal en dus haar goue medalje verwerf. Zahn het ook vir die apparate drie goue medaljes en ‘n silwer medalje verwerf!

Sy gaan op 17 Augustus te Saldanha aan die Wes-Kaap kampioenskappe deelneem.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.wnps.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article