Kaapstad – Hoërskool Jan van Riebeeck is uiters trots op hul netbalspanne wat die afgelope naweek aan die Wes-Kaapse Fast5-finaal in Somerset-Wes deelgeneem het. Met vasberadenheid en spangees het beide die o.15- en o.17-spanne hul plek in die nasionale kampioenskappe op 25 en 26 September in Boksburg verseker.
O.15-span: 2de in die Wes-Kaap
- Wen Paarl Girls’ High 26–16
- Wen Langenhoven 31–13
- Wen Hermanus 24–13
- Wen Parel Vallei 26–25 (semi-finaal)
- Verloor teen Milnerton 20–31 (finaal)
O.17-span: 3de in die Wes-Kaap
- Wen HTS Drosdy 31–28
- Wen Langenhoven 23–17
- Wen Hermanus 20–17
- Verloor teen Parel Vallei 35–36 (semi-finaal)
- Wen Bredasdorp 29–16 (3de/4de plek)

Hierdie uitsonderlike prestasies is ’n bewys van die talent, toewyding en spangees van die spelers en afrigters.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.