Interprovinsiale Hokkietoernooi - Sekondêre Meisieskool Oranje
Foto: Van links is Gabby, Carolien, Chezelle, Ninke en Kamryn.

Interprovinsiale Hokkietoernooi – Sekondêre Meisieskool Oranje


Interprovinsiale Hokkietoernooi. Vyf matrieks van Sekondêre Meisieskool Oranje soewel as sewe oudleerders was verlede week vir hulle provinsiale o.21-spanne by die Interprovinsiale Hokkietoernooi in Kaapstad in aksie.

Ninke van Zyl, Kamryn Lowe, Carolien Wessels, Chezelle van Niekerk en Gabby Pienaar was lede van die Vrystaat Hokkiespan. Die oud-Oranjes, Omphile Hendricks (2023) en Johanca Burger (2021) was ook lede van hierdie span.

Kaptein Ané Janse van Vuuren, Leané McLaren, Naudene Prinsloo (almal 2022) en Germarie Spershott (2023) het vir die Noordwes-Hokkiespan, die kampioen, gespeel. Elné Lourens (2023) was vir Noordelikes in aksie.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article