Interne Public Speaking-kompetisie - Tjokkies vier redenaars met flair
Tjokkies se Engelse Week redenaars- kompetisie

Interne ‘Public Speaking’-kompetisie – Tjokkies vier redenaars met flair


Interne ‘Public Speaking’-kompetisie. Primêre Skool Universitas, beter bekend as Tjokkies, het Vrydag hul interne ‘Public Speaking’-kompetisie aangebied. Dit is gehou as deel van die jaarlikse Engelse Week.

Leerders van Graad 4 tot 7 het met selfvertroue en moed voor die gehoor gestaan. So het hulle hul redenaarsvaardighede ten toon gestel. Die kompetisie het nie net hul taalvaardigheid beklemtoon nie, maar ook hul vermoë om met oortuiging en helderheid te kommunikeer.

Die skool het sy trots uitgespreek met elke deelnemer se harde werk en toewyding. ’n Spesiale gelukwensing is ook gerig aan die leerders wat ’n plek in die kompetisie behaal het.

Interne Public Speaking-kompetisie - Tjokkies vier redenaars met flair
Tjokkies-deelnemers aan die Interne ‘Public Speaking
Interne Public Speaking-kompetisie - Tjokkies vier redenaars met flair
Interne ‘Public Speaking’ deelnemers

’n Groot woord van dank aan die beoordelaars, voorsitters, musiek- en sangleerders, ouers en ondersteuners wat die dag se sukses moontlik gemaak het.

Hierdie byeenkoms het weereens bevestig dat Tjokkies nie net akademiese uitnemendheid nastreef nie, maar ook die ontwikkeling van selfvertroue en kommunikasievaardighede by hul leerders.

https://tjokkies.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article