Hoërskool Outeniqua, George, vier met trots die aanstelling van die nuutverkose hoofleiers vir 2026/2027. Hierdie vier Kwaggas aanvaar ’n besondere verantwoordelikheid om met integriteit, diensbaarheid en trots leiding te neem en ’n positiewe verskil in die skoolgemeenskap te maak.
Hoofseun: John‑Henry Dednam, Hoofdogter: Anouk van Coller, Onderhoofseun: Gerrit Janse van Rensburg en Onderhoofdogter: Xaney Janse van Rensburg.
Leierskap is meer as ’n titel – dit vra moed om die pad te wys, wysheid om ander saam te neem en ’n hart wat altyd die gemeenskap en Hoërskool Outeniqua dien. Soos John C. Maxwell sê: “A leader is one who knows the way, goes the way, and shows the way.”
Baie geluk, John‑Henry, Anouk, Gerrit en Xaney! Mag julle leierskap gekenmerk word deur moed, wysheid en ’n hart vir julle mede‑Kwaggas. Die skoolgemeenskap sien met verwagting uit na die pad wat voorlê.
“Kwaggas, dra die naam met trots, leef die waardes met oortuiging en maak die verskil wat ’n nalatenskap sal laat.”
𝑵𝒐𝒃𝒊𝒍𝒊𝒕𝒂𝒕 𝑳𝒂𝒃𝒐𝒓
Foto verskaf






