Hoërskool Witteberg verwelkom nuwe skoolhoof
Witteberg verwelkom nuwe skoolhoof, mnr PW van Aswegen

Hoërskool Witteberg verwelkom nuwe skoolhoof


Saam met die begin van ’n nuwe seisoen het Hoërskool Witteberg, Bethlehem, vanoggend ’n betekenisvolle nuwe hoofstuk ingelui. Die skoolgemeenskap het mnr. P. W. van Aswegen amptelik as nuwe skoolhoof verwelkom tydens ’n spesiale geleentheid wat saam met leerders, personeel en ouers gevier is.

In ’n simboliese oomblik is sy Witteberg-baadjie aan hom oorhandig, waarmee hy amptelik deel van die Witteberg-familie geword het. Daarna het mnr. en mev. Van Aswegen die skoolklok gelui – ’n geliefde tradisie wat hierdie gedenkwaardige oggend op ’n besondere manier afgesluit het.

Die Hoërskool Witteberg-gemeenskap sien met trots en verwagting uit na die pad vorentoe en alles wat hierdie nuwe hoofstuk vir die skool inhou. Welkom by Witteberg, mnr. Van Aswegen en gesin.

https://witteberghs.co.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article