Hoërskool Upington is baie trots om die uitstaande prestasie van Ethan Oberholzer te vier. Ethan het tydens die LAPUA Nasionale Kampioenskappe 2026 ’n indrukwekkende 7de plek in die o.18-afdeling behaal – ’n bewys van sy talent, fokus en toewyding.
Sy sukses het verder gelei tot ’n besondere uitnodiging: Ethan is gekies om die Noord-Kaap-span te verteenwoordig by die Junior SA Jagters Skietdag. Hierdie prestasie bevestig sy plek as een van die land se belowendste jong skuts.
Hoërskool Upington en die hele Uppie-gemeenskap is ongelooflik trots op Ethan. Jou harde werk en vasberadenheid inspireer ander om ook hoog te mik.
Foto verskaf



