Martin Theron, gr.10-leerder by Hoërskool Strand, het gekwalifiseer om vanaf 15-18 Desember aan die senior Wes-Kaap Swemkampioenskap in Malmesbury deel te neem. Dit is ‘n baie mooi prestasie, aangesien die swemmers regdeur die inperkingstyd nie kon oefen nie – en hulle in ‘n kort tydjie kwalifiserende tye moes behaal.

Hoërskool Strand is baie trots op Martin en wens hom net die allerbeste toe.

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article