Hoërskool Stellenbosch vier met trots die aanstelling van die Hoofleiers vir 2027. Hierdie jong leiers dra nie net ’n titel nie, maar ook die verantwoordelikheid om die waardes en tradisies van die skool met integriteit en passie uit te dra.
- VRL‑Voorsitter: Emma Kane
- Hoofmeisie: Daniella Smit
- Hoofseun: Sebastian Karsten
- HK‑leiers: Kim Cloete · Bekker Strydom

Stellies is ongelooflik trots op elkeen van julle en vertrou dat julle met wysheid, moed en toewyding leiding sal neem. Mag julle die voorbeeld stel, ander inspireer en die Stellenbosch‑gees met trots uitdra.
Baie geluk aan die hoofleiers vir 2027! Julle is die stem en die hart van Hoërskool Stellenbosch – lei met waardigheid en dien met liefde.
Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.