Twee leerders van Hoërskool Robertson, Michelle Burger en Hesta Bruwer  is op die Nasionale Ranglys geplaas vir atletiek in Hammergooi.

Michelle Burger – o/17 is 4de algeheel nasionaal en Hesta Bruwer – O/15 is 6de algeheel nasionaal

Hierdie twee dogters sou deel geneem het aan die Suid Afrikaanse Kampioenskappe, maar weens die Covid 19 Pandemie is die byeenkoms uitgestel.

Hulle afstande is gevat van die Wes-Kaap byeenkoms en so op die nasionale ranglys geplaas.

Robbies is baie trots op hierdie dogters wat so goed presteer het!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article