Op 22 en 23 Augustus het Hoërskool Punt, Mosselbaai, hul Kultuur-talent behoorlik ten toon gestel met ‘n opwindende optrede met die titel “A night to remember”. Hoogtepunte van Punt-talent, waaronder ‘n sangduo (Sheldon Whites en Angie Meyer), ‘n trom-solo (Wian Hough) en ‘n “Beat Boxing” duo (Annelise en Christiaan Stander) was deel van die program.
Die nuutgestigte “Brass Ensemble” van Me. Catherine Corkill het twee pragtige Negro-Spirituals uitgevoer, gevolg deur die Tiener-toneelgroep met “Wit Duisternis”, geskryf en afgerig deur Me. Wouri Delport.
Die suksesvolle kultuuraand is beklink deur 3 groepe, wat almal A+ tydens die Mosselbaai Eisteddfod verwerf het, naamlik die A Capella Sêr-groep (onder leiding van Me. Madison Melvill), Puntnote Instrumentale Ensemble (onder leiding van Me. Marie Skeen) en die Punt-revue-groep met hul “Fire and Flames” produksie (onder leiding van Me. Marie Skeen).
Dit was ‘n kleurvolle, genotvolle produksie en beslis ‘n hoogtepunt op Hoërskool Punt se kultuurkalender.






You must be logged in to post a comment.