Hoërskool Pietersburg se netbaldogters het die afgelope naweek hul krag gemeet teen die land se beste skole tydens die nasionale kampioenskappe.
- O.14A en O.16A: Albei spanne eindig derde in hul onderskeie poele, maar mis ongelukkig die verdere uitspeelrondes.
- O.17A: Die O.17-span eindig tweede in hul poel en dring deur na die nasionale uitspeelrondes!
- Eerste uitspeelronde: Verloor 8–24 teen Hoërskool Durbanville.
- Kwartfinaal: Wen 16–13 teen Hoërskool Outeniqua.
- Semifinaal: Verloor naelskraap 11–15 teen Paarl Girls’ High.
- Finaal: Wen 18–7 teen Hoërskool Middelburg en sluit die toernooi af in ’n trotse 11de plek landwyd.
Baie geluk aan elke dogter en die toegewyde afrigtingspan wat ons skool se vlag hoog laat wapper. Om op nasionale vlak mee te ding, is ’n besonderse prestasie – ons is ongelooflik trots op julle!


Foto’s verskaf







You must be logged in to post a comment.