Annika van Santen, matriekleerder en hoofdogter van die Kwaggas, het haarself onderskei in die Poort-Skryfkompetisie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.  Hierdie kompetisie word al sedert die sewentigerjare aangebied en het al menige bekende Afrikaanse skrywers opgelewer.  Hoërskoolleerders in Suid-Afrika en Namibië kan hulle gedigte of skryfstukke vir die Poësie of Prosa kategorie inskryf.

Annika het met haar gedig, Vernael, vir haar ‘n derde nasionale plek in die poësie-kategorie losgeskryf. En vir dié van u wat dalk wonder, Vernael is ‘n werkwoord wat beteken om iets onbruikbaar te maak.

Baie geluk Annika. Hoërskool Outeniqua is trots op jou!

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article