Foto bo vlnr: Chanté Januarie, Reagan Woodbridge en Gavin Swartz

Drie van Hoërskool Noord-Kaap se leerders, Chanté Januarie, Reagan Woodbridge en Gavin Swartz het uitstekend presteer tydens die 2019-ATKV Spelathon wat gedurende Oktober 2019 in Bloemfontein plaasgevind het.

Chanté Januarie is as die nasionale wenner in die Afrikaans Huistaal graad 10 – 12 aangewys. Vir hierdie prestasie ontvang sy erekleure.

Reagan Woodbridge verteenwoordig die Noord-Kaapprovinsie in die graad 10 – 12 Afrikaans Addisionele Taalafdeling  by die nasionale rondte en word met volkleure beloon vir hierdie prestasie.

Gavin Swartz eindig 2e in Suid-Afrika in die Afrikaans Addisionele Taal graad 8 – 9 afdeling. Hy ontvang erekleure vir hierdie prestasie.

 

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article